top of page
Writer's pictureArmin Wieland

V5 Digital stel Namibië se eerste Bot in Afrikaans bekend, gereed vir gebruik deur besighede.

Updated: Jun 16, 2020


Kosmos 94.1 het onderneem om ‘n opname te doen wat poog om verbruikersinsig te verkry, maar wou ook verseker dat deelnemers die ervaring geniet.


Facebook Messenger Bot by V5 Digital
Facebook Messenger Bot by V5 Digital



V5 Digital, ‘n vooraanstaande Namibiese agentskap, het vorendag gekom met die innoverende idee om gebruik te maak van ‘n Facebook Messenger bot om dié opname te konstrueer. Deur ‘n Facebook Messenger bot te gebruik kan deelnemers verskeie opwindende metodes implementeer tydens interaksies. Die opname wat skertsende taal- en emotiekons gebruik maak die ervaring nog meer persoonlik en relevant.

Alhoewel die opname hoofsaaklik uit meervoudige keuses bestaan, behou dit deelnemers se aandag deur hulle te motiveer om vrae op verskeie maniere te beantwoord. Voorbeelde sluit vrae in wat die deelnemer versoek om ‘n stemgreep te stuur, ‘n foto met hul slimfoon te neem of om ‘n selfie-video op te neem. Aangesien die Facebook Messenger bot konstante en onmiddellike terugvoering verskaf laat dit ook vir Kosmos 94.1 toe om regstreekse navorsing te doen.

Facebook Messenger Bot by V5 Digital
Facebook Messenger Bot by V5 Digital

‘n Digitale opname via ‘n Messenger Bot maak ook op innoverende wyse gebruik van deelnemers se slimfone om hul belangstelling nog verder te prikkel. Grafieke volg op die deelnemer se antwoord sodat hulle hulle uitslae met ander deelnemers se resultate kan vergelyk. Die deelnemer word ook gereeld ingelig oor hul vordering gedurende die peiling en word in die proses gemotiveer om al die vrae te beantwoord.

Kosmos 94.1 se luisteraars word ook aangespoor om deel te neem aan die opname deur hul die kans te bied om pryse ter waarde van N$ 10 000 te wen.

Laat een van Namibië se toonaangewende agentskappe, V5 Digital, toe om innoverende oplossings te vind vir jou en jou besigheid se behoeftes.

Vir verdere navrae of ‘n konsultasie, kontak V5 Digital.

93 views0 comments

Opmerkingen


Posts from our recent newsletter.

bottom of page